GEEweek - Tercia en Marius oor plankiesdorp

Loading player...
Kairos CL se volgehoue betrokkenheid by die gemeenskap van Plankiesdorp strek oor meer as twee dekades – ’n pad wat ons keer op keer saam met gesinne stap. Hierdie reis behels nie net fisiese betrokkenheid nie, maar ook ’n diep geestelike en emosionele verbintenis. Ons dien al jare lank as ’n bron van hoop en ondersteuning in ’n gemeenskap wat dikwels groot uitdagings trotseer.
Deur ’n verskeidenheid inisiatiewe verleen ons gereeld hulp aan kinders, bejaardes, gesinne wat op SASSA-toelaes staatmaak, en selfs aan die diere in die gemeenskap. Wat egter werklik uitstaan, is nie net die finansiële of materiële bystand nie, maar veral die waardigheid, omgee en menslikheid waarmee dit geskied.Daar is tans 27 gesinne in Plankiesdorp, wat ongeveer 93 mense insluit – waarvan 35 kinders is. (Hierdie getalle wissel gereeld) Ons betrokkenheid hier strek verder as kos, klere en meubels; ons poog om hoop en menswaardigheid in hierdie gemeenskap op te bou.
Ongelukkig is dit so dat huur oral betaal moet word. Hier is dit dikwels die geval dat, selfs al kry die ouers werk, daar niemand is om na die kinders om te sien nie.
Hier het ons ook vir Tercia Botes leer ken – deur haar kleinkind. Vandag kan ons met oortuiging sê: sy het ’n ongelooflik groot hart. By “Plankiesdorp”, soos ons dit noem, is Tercia altyd die een wat vir ander intree – of dit nou ’n buurvrou is wat sukkel, of ’n dier wat hulp nodig het. Sy vra bitter min vir haarself, al het sy self nie altyd veel om uit te deel nie. Tog is sy altyd bereid om te gee – haar tyd, haar hulp, haar liefde.
27 May Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

#KomOnsPraatDaaroor - 13 Augustus

Kom Ons Praat Daaroor se 3 aanbieders, Annelie Bouwer, Charonike Nel en Tanya de Vente-Bijker, het uiteenlopende persoonlikhede en opinies, soos hulle oor nuusgebeure, snaakshede, hartstories en stories wat jou warm onder die kraag maak, gesels.
13 Aug 43 min

#KomOnsPraatDaaroor - 6 Augustus

Kom Ons Praat Daaroor se 3 aanbieders, Annelie Bouwer, Charonike Nel en Tanya de Vente-Bijker, het uiteenlopende persoonlikhede en opinies, soos hulle oor nuusgebeure, snaakshede, hartstories en stories wat jou warm onder die kraag maak, gesels.
6 Aug 44 min

#KomOnsPraatDaaroor - 30 Julie

Kom Ons Praat Daaroor se 3 aanbieders, Annelie Bouwer, Charonike Nel en Tanya de Vente-Bijker, het uiteenlopende persoonlikhede en opinies, soos hulle oor nuusgebeure, snaakshede, hartstories en stories wat jou warm onder die kraag maak, gesels.
30 Jul 44 min

Tussen Hemel en Aarde - 25 Julie

Ronel du Plessis, Ursula Ludick en Danielle Retief kom gesels oor die nuwe kort dokumenter “Tussen Hemel en Aarde” wat gaan oor die storie van die tragiese verdrinking van hulle 10 maande oue bab, Jan Nathaniel, in 2021
25 Jul 29 min