GEEweek: Veroniq Getuienis

Loading player...
Jare gelede het Oprah Winfrey gevra of daar behoeftige kinders in Suid-Afrika is wat baat sou vind by haar leerskool. Met die hand van God in aksie, is Veronique gekies as een van daardie kinders. Sy was destyds ook die hoofmeisie by Laerskool Generaal Nicolaas Smit. Sy het in baie behoeftige omstandighede groot geword.
Vandag, met trots en dankbaarheid, deel ons dat Veronique, saam met nog twee dogters uit ons Pretoria-Wes-gemeenskap, haar matriekjaar in 2019 voltooi het en toe reeds toelating tot die Universiteit van Pretoria (Tukkies) ontvang het. In 2021 is sy opgeneem in Goue Sleutel (Golden Key), die wêreld se grootste universiteits-erevereniging. Lidmaatskap van die vereniging is slegs op uitnodiging en word toegeken aan die top 15% van tweede-, derde- en finalejaarstudente aan kolleges en universiteite, asook toppresterende nagraadse studente, gebaseer op hul akademiese prestasies.
In 2023 het Veronique ’n “Dean’s Merit Award” ontvang – ’n besondere akademiese erkenning.
26 May 2025 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Oppinuus - Rianette Leibowitz oor AI op sosiale media

Ons gesels oor hoe AI jou kind se inligting van jou profiele af gebruik en opgaar... Dus kan mense jou kind se adres, skool ens. kry. Rianette Leibowitz van Cyber Wellness verduidelik hoe jy kan veilig wees
10 Sep 22 min

Deon Meyer

Dit is wêreld koop 'n boek dag en die bekende Suid-Afrikaanse skrywer, Deon Meyer gesels met Annelie oor een van haar gunsteling onderwerpe - BOEKE en lees.
7 Sep 16 min

Motivering 7 September 2026 - Tel jou seëninge

Het jy al ooit so gefokus op dit waarvoor jy bid… dat jy vergeet het om dankbaar te wees vir dit wat jy reeds ontvang het? Psalm 103:2 sê: “Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie.”
7 Sep 4 min