GEEweek: Veroniq Getuienis

Loading player...
Jare gelede het Oprah Winfrey gevra of daar behoeftige kinders in Suid-Afrika is wat baat sou vind by haar leerskool. Met die hand van God in aksie, is Veronique gekies as een van daardie kinders. Sy was destyds ook die hoofmeisie by Laerskool Generaal Nicolaas Smit. Sy het in baie behoeftige omstandighede groot geword.
Vandag, met trots en dankbaarheid, deel ons dat Veronique, saam met nog twee dogters uit ons Pretoria-Wes-gemeenskap, haar matriekjaar in 2019 voltooi het en toe reeds toelating tot die Universiteit van Pretoria (Tukkies) ontvang het. In 2021 is sy opgeneem in Goue Sleutel (Golden Key), die wêreld se grootste universiteits-erevereniging. Lidmaatskap van die vereniging is slegs op uitnodiging en word toegeken aan die top 15% van tweede-, derde- en finalejaarstudente aan kolleges en universiteite, asook toppresterende nagraadse studente, gebaseer op hul akademiese prestasies.
In 2023 het Veronique ’n “Dean’s Merit Award” ontvang – ’n besondere akademiese erkenning.
26 May 2025 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Albert Maritz - The boy behind the wardrobe

Bekende akteur en regiseur Albert Maritz gesels met Annelie oor die dokumenter "The boy behind the wardrobe" wat gaan oor Dr.Winston Wicomb se storie van groot word in 'n huis waar hy weggesteek is vir die samelewing tot die hoof dr. Chris Barnard se Labratorium wat geskiedenis gemaak het deur…
22 Oct 15 min

Ds Maartje van der Westhuizen

Ds. Maartje van der Westhuizen is gekies as die eerste vroulike voorsitter van die NG kerk se oosterlike sinode en is ook die onder voorsitter van die algemene sinode, sy het met Annelie kom gesels oor diensbare leierskap
20 Oct 22 min

Craig Hinds - Watershed

Die hoofsanger van Watershed, Craig Hinds, kuier by Annelie in die studio en gesels oor die band se 26 jaar in die bedryf, hulle nuwe single en hy het sy kitaar gebring
9 Oct 25 min