Erediens - 06 April 2025

Loading player...
Prediker: Nadia Muller
Teks: Jesaja 43:19
Tema: “Kyk, Ek gaan iets nuuts doen. Kan julle dit nie besef nie?”

Ons verlede vorm ’n belangrike deel van wie ons is. Dit gee konteks, identiteit en herinneringe. Waar jy vandaan kom, beïnvloed wie jy vandag is – maar dit hoef nie te bepaal waarheen jy oppad is nie.

Te dikwels hou ons aan die verlede vas op ’n manier wat ons verhinder om God se nuwe drome vir ons lewe raak te sien. Ons verlang na wat was, of ons bly vasgevang in pyn, skuld of gemiste geleenthede.

Maar God roep ons om opnuut te kyk. Hy is besig om iets nuuts te doen. Selfs al is dit nog nie duidelik nie – dit is besig om te groei.

Ons word uitgenooi om ons verlede te eer, maar nie daarin vas te bly nie. Om met hoop en vertroue vorentoe te beweeg na die toekoms waaroor God vir ons droom. ’n Toekoms van lewe, van nuwe begin, van heling en hoop.

Mag jy dit raaksien. Mag jy dit waag om saam met God vorentoe te beweeg.
6 Apr Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Erediens - 10 Augustus 2025

Prediker: Nicolette Bester Teks: Hebreërs 10:1-3; 8-18 Tema: Geloof wat volhard – wat beteken dit? Geloof – ’n woord wat ons so maklik gebruik maar tog so moeilik werklik kan begryp. ’n Ander verstaan kan wees “vertroue in God”. Die twee loop hand-aan-hand. As mense is ons geneig om te…
10 Aug 32 min

Erediens - 03 Augustus 2025

Prediker: DJ Muller Teks: Rom. 8:35-39 Tema: “Welwese” is baie meer as ’n gevoel In ons lewens is daar seisoene waarin ons geweldige swaarkry beleef. Soms is hierdie seisoene ’n paar ure lank, ander kere hou dit vir jare aan. Dikwels word ons in hierdie tye lamgelê deur bekommernis, hartseer…
3 Aug 28 min

Erediens - 20 Julie 2025

Teks: Lukas 10 Prediker: DJ Muller Tema: Wanneer is besig-wees genoeg? Produktiwiteit! Dis iets waarna ons daagliks streef. Ons gebruik hulpmiddels soos outomatisering en kunsmatige intelligensie om dit te verhoog. Waarom? Omdat ons meer wil doen. Ons wil beter presteer. Dit voel selfs goed om te vertel hoe besig ons…
20 Jul 21 min

Erediens - 13 Julie 2025

Teks: Kolossense 1:9-20 Prediker: Nadia Muller Tema: Is my God groot genoeg? Ons almal ken die kinderlied: “My God is so groot, so sterk en so magtig, daar’s niks wat my God nie kan doen nie.” As kinders – of selfs as volwassenes – sing ons dit uit volle bors,…
13 Jul 35 min

Erediens - 06 Julie 2025

Tema: Geloofsonderskeiding: Wat beteken dit? Teks: Lukas 10:1–12, 16–19 Prediker: Nadia Muller Ons wens soms vir ’n stem uit die hemel of ’n vers in die Bybel wat ons sommer op die naam noem en al ons vrae beantwoord — maar dis nie hoe dit werk nie. As God dan…
6 Jul 32 min