Pumas bly aan wenkant na derde SA Beker ronde

Loading player...
Die voorste drietal van Suzuki Griekwas, Airlink Pumas en NovaVit Griffons het die naweek hul onoorwonne lopie volgehou met goeie oorwinnings in die derde ronde van die SA Beker. Die Griekwas het die Grens Bulldogs met 118-3 oorrompel; die Airlink Pumas was te sterk vir die Cheetahs in Nelspruit met 'n sege van 46-38; en die Griffons het 'n 79-10 triomf oor die Luiperds verseël. Die komende naweek reis die Pumas na Kempton Park om met die Valke kragte te meet. Clinton Swart, die kaptein; Ruwald van der Merwe, onderkaptein; hoofafrigter, Jimmy Stonehouse; en uitvoerende beampte, Marius van Rensburg, gesels met Sonop Ontbyt. 
25 Mar 2025 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Oktober is Downsindroommaand

Oktober is Downsindroommaand. Annien van Tonder van Club 21 vertel wat jy kan doen om meer ondersteunend en inklusief te wees.
28 Oct 6 min

Onderversekering: Herbou van huis kan meer kos as wat jy dink

'n Huis kan op papier lyk asof dit voldoende verseker is, terwyl dit in werklikheid aansienlik onderverseker is. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur verduidelik waarom die herbouwaarde belangrik is, hoe onderversekering gedeeltelike eise kan beïnvloed, en waarna huiseienaars moet kyk.
28 Oct 14 min

Braai Hard vir Power of 8 000

Die tweede aflewering van Braai Hard vind Saterdag plaas ten bate van Power of 8 000. Greg Austin en Angela Kent gesels met die Middag Game Drive.
27 Oct 7 min