Dankbaarheid is 'n vorm van aanbidding

Loading player...
*Spreeklewe
Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag (1 Tessalonisende 5:18).
Van al die maniere om God te aanbid, is dankbaarheid waarskynlik die een wat die meeste misgekyk word. Een van die geheime van ‘n gelukkige lewe is dankbaarheid. As ek en jy dit kan reg kry om met dankbaarheid te leef, verander dit die wêreld vir ons. Begin ons verby die dinge kyk wat die lewe vir ons moeilik maak en sien ons die seën wat ons het raak. Die gawe van dankbaarheid word deel van ons lewe wanneer ons ten volle besef wat God vir ons uit genade gedoen het en dit ons dryfkrag word om elke dag vanuit dankbaarheid te leef.
12 Mar 2025 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Groot Biddag - Vergifnis

Annelie gesels met Mariandra Heunis wat haar getuienis lewer oor hoe sy moes vergewe na haar man se moord voor haar en haar dogter in hulle huis. Annelie gesels ook oor ons vergifnis vir ander en God se vergifnis vir ons.
23 Apr 29 min

Groot Biddag - Verwerping

Annelie gesels met Ds. Wynand Strydom van en Ds Jaco Strydom van Echo Jeug oor verwerping - Die verwerping van kinders, bejaardes en die swakstes in ons samelewing en wat ons veranwoordelikheid is maar ook wat om te doen wanneer dit voel asof God my verwerp het
23 Apr 30 min

Adam onderhoud

Adam het 'n nuwe liedjie! Hulle kuier by Annelie en sing selfs vir haar, haar gunsteling liedjie oor 'n rooikop met haar naam in
10 Apr 28 min

Barto onderhoud

Barto kuier in die ateljee saam met Annelie - Hulle gesels oor sy nuwe enkelsnit Swaartekrag en Annelie sit hom in die "hotseat" met 'n paar eerlike vrae
14 Apr 20 min