Claudia Jones kom deel haar stem op Plaas van Passie!

Loading player...
Telenovelas het die afgelope jare al gewilder geword, en kykNET&kie is sonder twyfel die leier op hierdie gebied – nie net met plaaslik vervaardigde reekse nie, maar ook met oorgeklankte telenovelas uit Turkye.

Op 18 Maart begin die kanaal egter eksotiese nuwe terrein verken met ’n telenovela vol drama en stomende hartstog uit die trope van Brasilië – Plaas van passie. Die oorspronklike Portugese titel is Terra e Paixão (Land of Desire in Engels). kykNET&kie word hiermee die eerste plaaslike kanaal wat ’n Brasiliaanse telenovela in Afrikaans oorklank. Plaas van passie begin op 18 Maart om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en dit sal ook op DStv Stream en Box Office beskikbaar wees.
19 Feb 12PM English South Africa Leisure · Music

Other recent episodes

Oplossings vir die platteland: Inspirerende stories van hoop en vindingrykheid

Ontdek hoe gewone Suid-Afrikaners die toekoms van hul gemeenskappe verander—van dié wat infrastruktuur herbou tot dié wat voedselonsekerheid bekamp. Hierdie driedelige dokumentêre reis, begin op 27 Julie op kykNET, laat jou gesels oor hoop, vindingrykheid en die krag van gemeenskapswerk. Moet dit nie misloop nie!
6 Aug 1PM 7 min