Spreeklewe - Niemand is sonder sonde nie

Loading player...
Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, 24maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. 25-26Hom het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo. Hierdeur het God getoon wat sy vryspraak behels: Hy het die sondes wat Hy voorheen in sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat bly het, vergewe. Maar Hy het ook getoon wat sy vryspraak in die teenswoordige tyd behels: Hy oordeel regverdig deurdat Hy elkeen vryspreek wat in Jesus glo.
27Het ons nou iets uit onsself om op te roem? Nee, dit is uitgesluit. Deur watter wet? Dié van die werke? Nee, deur dié van die geloof.
12 Feb 2025 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Albert Maritz - The boy behind the wardrobe

Bekende akteur en regiseur Albert Maritz gesels met Annelie oor die dokumenter "The boy behind the wardrobe" wat gaan oor Dr.Winston Wicomb se storie van groot word in 'n huis waar hy weggesteek is vir die samelewing tot die hoof dr. Chris Barnard se Labratorium wat geskiedenis gemaak het deur…
22 Oct 15 min

Ds Maartje van der Westhuizen

Ds. Maartje van der Westhuizen is gekies as die eerste vroulike voorsitter van die NG kerk se oosterlike sinode en is ook die onder voorsitter van die algemene sinode, sy het met Annelie kom gesels oor diensbare leierskap
20 Oct 22 min

Craig Hinds - Watershed

Die hoofsanger van Watershed, Craig Hinds, kuier by Annelie in die studio en gesels oor die band se 26 jaar in die bedryf, hulle nuwe single en hy het sy kitaar gebring
9 Oct 25 min