Spreeklewe - Niemand is sonder sonde nie

Loading player...
Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, 24maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. 25-26Hom het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo. Hierdeur het God getoon wat sy vryspraak behels: Hy het die sondes wat Hy voorheen in sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat bly het, vergewe. Maar Hy het ook getoon wat sy vryspraak in die teenswoordige tyd behels: Hy oordeel regverdig deurdat Hy elkeen vryspreek wat in Jesus glo.
27Het ons nou iets uit onsself om op te roem? Nee, dit is uitgesluit. Deur watter wet? Dié van die werke? Nee, deur dié van die geloof.
12 Feb 2025 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Oppinuus - Rianette Leibowitz oor AI op sosiale media

Ons gesels oor hoe AI jou kind se inligting van jou profiele af gebruik en opgaar... Dus kan mense jou kind se adres, skool ens. kry. Rianette Leibowitz van Cyber Wellness verduidelik hoe jy kan veilig wees
10 Sep 22 min

Deon Meyer

Dit is wêreld koop 'n boek dag en die bekende Suid-Afrikaanse skrywer, Deon Meyer gesels met Annelie oor een van haar gunsteling onderwerpe - BOEKE en lees.
7 Sep 16 min

Motivering 7 September 2026 - Tel jou seëninge

Het jy al ooit so gefokus op dit waarvoor jy bid… dat jy vergeet het om dankbaar te wees vir dit wat jy reeds ontvang het? Psalm 103:2 sê: “Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie.”
7 Sep 4 min