Spreeklewe - Nederigheid

Loading player...
Spreuke 15:25- 33
Die Here breek die hoogmoedige se huis af
en beskerm die grond van die weduwee.
26Die Here het 'n afsku van bose planne;
aangename woorde is vir Hom aanneemlik.
27Wie hom verryk ten koste van 'n ander,
maak dat sy gesin verstoot word;
wie omkoopgeskenke weier, sal lewe.
28'n Regverdige mens dink voor hy antwoord;
goddelose mense sê net slegte dinge.
29Die Here is ver van die goddeloses af,
maar Hy hoor die gebed van die regverdiges.
30Stralende oë bring blydskap,
goeie tyding verkwik 'n mens.
31Wie op 'n teregwysing ag slaan, sal lewe
en 'n tuiste vind tussen mense wat wysheid het.
32Wie onderrig in die wind slaan, gee nie om vir homself nie;
wie op 'n teregwysing ag slaan, kry insig.
33Om die Here te dien, is om onderrig te word in wysheid;
nederigheid kom voor eer.
29 Jan 2025 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Oppinuus - Rianette Leibowitz oor AI op sosiale media

Ons gesels oor hoe AI jou kind se inligting van jou profiele af gebruik en opgaar... Dus kan mense jou kind se adres, skool ens. kry. Rianette Leibowitz van Cyber Wellness verduidelik hoe jy kan veilig wees
10 Sep 22 min

Deon Meyer

Dit is wêreld koop 'n boek dag en die bekende Suid-Afrikaanse skrywer, Deon Meyer gesels met Annelie oor een van haar gunsteling onderwerpe - BOEKE en lees.
7 Sep 16 min

Motivering 7 September 2026 - Tel jou seëninge

Het jy al ooit so gefokus op dit waarvoor jy bid… dat jy vergeet het om dankbaar te wees vir dit wat jy reeds ontvang het? Psalm 103:2 sê: “Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie.”
7 Sep 4 min