Vereniging vir Blindes Vrystaat afhanklilk van gemeenskap om voortbestaan te verseker

Loading player...
Na 20 jaar se diens by die Vereniging van Blindes Vrystaat, het Marianne Kruger einde 2024 afgetree maar steeds bedien sy die gemeenskap van die Vrystaat. Haar passie vir die werk wat hulle dwars oor die streek doen, kan selfs na 2 dekades nie geblus word nie. Sy sluit by Yolanda Maartens aan om te gesels oor hul dienste en produkte so wel as hul rolbal fondsinsamelings geleentheid die 8ste Maart in Bloemfontein. Jy kan meer uitvind per epos aan fsblind@gmail.com
28 Jan 2025 5AM English South Africa Kids & Family · Education

Other recent episodes

GROOTMAAK VIR DIE LEWE: Laat vaar die druk om die perfekte ouer te wees

Met die fokus in hierdie gesprek op 'perfekte ouerskap', gesels Yolanda Maartens met Lynett Beer oor die dinge wat kinders werklik nodig het. Baie ouers voel voortdurend dat hulle tekortskiet, omdat ouerskap vandag maklik ’n openbare vertoning word. Lynette verduidelik: Jou werk is nie om elke ongemak weg te neem…
5 Oct 4AM 5 min

GROOTMAAK VIR DIE LEWE: Die grootste geskenk is nie sukses nie, maar karakter

Op Mid-Morning Magic in die OFM-familie fokus wil Yolanda Maartens spesifiek ouers nooi om saam te gesels onder die tema: Grootmaak vir die lewe. Bekende spreker, skrywer en temperamentkenner Lynette Beer sluit by haar aan en vertel hoe jy jou kinders met wortels én vlerke kan grootmaak. In hierdie gesprek…
5 Oct 4AM 6 min