Spreeklewe - Die troos van Kersfees

Loading player...
Johannes 1:1-18
Die Woord het mens geword
1In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. 2Hy was reeds in die begin by God. 3Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. 4In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. 5Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.
6Daar was 'n man wat deur God gestuur is. Sy naam was Johannes. 7Hy het gekom om te getuig; hy moes getuig van die lig, sodat almal deur hom tot geloof kon kom. 8Hy was self nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.
9Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe. 10Hy wás in die wêreld – die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die wêreld Hom nie erken nie. 11Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. 12Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. 13Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore.
14Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.
15Johannes getuig van Hom en roep uit: “Dit is Hy wat ek bedoel het toe ek gesê het: Hy wat ná my kom, is my vóór, want Hy was voor my reeds daar.”
16Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. 17God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. 18Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak.
4 Dec 2024 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Oppinuus - Rianette Leibowitz oor AI op sosiale media

Ons gesels oor hoe AI jou kind se inligting van jou profiele af gebruik en opgaar... Dus kan mense jou kind se adres, skool ens. kry. Rianette Leibowitz van Cyber Wellness verduidelik hoe jy kan veilig wees
10 Sep 22 min

Deon Meyer

Dit is wêreld koop 'n boek dag en die bekende Suid-Afrikaanse skrywer, Deon Meyer gesels met Annelie oor een van haar gunsteling onderwerpe - BOEKE en lees.
7 Sep 16 min

Motivering 7 September 2026 - Tel jou seëninge

Het jy al ooit so gefokus op dit waarvoor jy bid… dat jy vergeet het om dankbaar te wees vir dit wat jy reeds ontvang het? Psalm 103:2 sê: “Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie.”
7 Sep 4 min