Wêreldwys | Die wêreld se oë is op Washington DC | Ep. 27

Loading player...
Met Trump in die Withuis en die Republikeine wat in 2025 beide huise van die Amerikaanse kongres sal beheer, lê ’n onseker tyd ryk aan geleenthede en risiko’s voor. Hoe moet die privaat sektor, politieke partye en die burgerlike samelewing hierop reageer? Dit is van die vrae wat in hierdie week se episode van Wêreldwys onder die loep geneem word.
21 Nov 2024 Afrikaans South Africa News Commentary · Politics

Other recent episodes

Wêreldwys | Suid-Afrika se plek in globale finansiële stelsels | Ep. 57

In hierdie week se aflewering van Wêreldwys help dr. Sandra Adendorff, senior dosent in ekonomie en internasionale handel aan Akademia, sin maak van ʼn vraagstuk wat meer kompleks is as wat dit oënskynlik voorkom: hoe steek die wêreld se finansiële stelsels in mekaar en waar pas Suid-Afrika in dié komplekse…
31 Jul 36 min

Wêreldwys | Ekonomiese nasionalisme stoot terug teen globalisme | Ep. 55

Die huidige handelstelsel is vir die VSA bloot onvolhoubaar, wat beteken daar moet ʼn verandering kom. Hierdie regstelling gaan ontwrigting teweeg bring, maar dit skep ook nuwe geleenthede. Luister na hierdie week se episode van Wêreldwys vir ʼn omvattende konteks, geskiedenis en ontleding van hoe ekonomiese nasionalisme terugdruk teen globalisme…
15 Jul 41 min