
Vermoorde Kuruman-boer (81) se liggaam by plaashek gevind
Loading player...
Die polisie op Kuruman ondersoek die moord nadat Hendrik Venter se liggaam by die hek van ’n naburige plaas gevind is. “Hendrik Venter het sy plaas tussen Kuruman en Hotazel om 08:30 verlaat sy beeste te gaan versorg. Sy liggaam is omstreeks 09:45 langs sy voertuig gevind met wonde aan sy kop,” het Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder, gesê. “Daar word ook beweer dat ’n onbekende bedrag geld vermis word.”