Spreeklewe - Psalm 63

Loading player...
Ek bly altyd naby U
1'n Psalm van Dawid, na aanleiding van sy verblyf in die Judawoestyn.
2Ek soek U, o God, my God,
ek dors na U;
ek smag na U
soos in 'n dor en droë land,
'n land sonder water.
3Ek wil by U in die heiligdom wees
om daar u mag en grootheid te ondervind.
4U troue liefde is meer werd as die lewe;
daarom sal ek U prys.
5Ek sal U my lewe lank loof,
my hande ophef om u Naam te prys.
6Soos elke keer wanneer ek u goeie gawes geniet,
sal ek U altyd roem met jubelende mond.
7As ek aan U dink op my bed,
oor U peins in die nag, dan weet ek:
8U is vir my 'n hulp,
en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels.
9Ek bly altyd naby U,
u hand ondersteun my.
14 Aug 2024 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Albert Maritz - The boy behind the wardrobe

Bekende akteur en regiseur Albert Maritz gesels met Annelie oor die dokumenter "The boy behind the wardrobe" wat gaan oor Dr.Winston Wicomb se storie van groot word in 'n huis waar hy weggesteek is vir die samelewing tot die hoof dr. Chris Barnard se Labratorium wat geskiedenis gemaak het deur…
22 Oct 15 min

Ds Maartje van der Westhuizen

Ds. Maartje van der Westhuizen is gekies as die eerste vroulike voorsitter van die NG kerk se oosterlike sinode en is ook die onder voorsitter van die algemene sinode, sy het met Annelie kom gesels oor diensbare leierskap
20 Oct 22 min

Craig Hinds - Watershed

Die hoofsanger van Watershed, Craig Hinds, kuier by Annelie in die studio en gesels oor die band se 26 jaar in die bedryf, hulle nuwe single en hy het sy kitaar gebring
9 Oct 25 min