Erediens - 14 Julie 2024

Loading player...
Prediker: Nadia Muller
Kategese: Tydens diens in saal
Teks: Lukas 15:1-7
Tema: Die jaar van Jesus: Verlore skape

Jesus vertel die gelykenis van die verlore skaap, waarin die herder 99 skape agterlaat om een verlore skaap te gaan soek. Hierdie gelykenis volg nadat die skrifgeleerdes hul ontevredenheid uitgespreek het omdat Jesus saam met sondaars kuier. Deur hierdie gelykenis probeer Jesus die diepgaande liefde en genade van God verduidelik, spesifiek gerig op diegene wat verlore is. Kom luister, dink en ervaar saam, terwyl ons ons verbeelding inspan om die volle betekenis hiervan te ontdek.
14 Jul 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Reis deur Efesiërs - Deel 6 (08 Maart 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:15–23 (fokus op v.15–19) TEMA: Om vir mekaar te bid Een van die mooiste dinge wat Paulus in sy briewe doen, is om vir mense te sê: Ek bid vir julle – en hy sê selfs waarvoor hy bid. Dit laat ’n belangrike vraag: Hoe…
8 Mar 26 min

Reis deur Efesiërs - Deel 5 (01 Maart 2026)

PREDIKER: DJ Muller TEKS: Efesiërs 1:3–14 Wat as jy van môre af anders na jou eie lewe kyk? Wat as jy ontdek dat jy nie toevallig hier is nie – nie maar net nóg ’n naam op ’n lidmaatlys nie – maar deel van ’n groter, goddelike ontwerp wat reeds…
1 Mar 39 min

Reis deur Efesiërs - Deel 4 (22 Februarie 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:3–14 Wat as jy nie net wag vir eendag se aankoms in die hemel nie, maar reeds nou leef uit ’n oorwinning wat klaar behaal is? In Efesiërs 1:3–14 ontdek ons iets wat jou kop dalk effens laat kantel: jy is reeds geseën met elke…
22 Feb 30 min

Reis deur Efesiërs - Deel 3 (15 Februarie 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:3–14 TEMA: Uitroep van Lof! Die lied waarna Nadia verwys: https://www.youtube.com/watch?v=8T2zPTpEiT8 AI-prentjies van mense doen tans oral die rondte – karikature van regte mense, maar tog nie heeltemal nie. Minder plooie en grys hare, sagter, vriendeliker en meer opwindend. Dis mos wat almal wil sien?…
15 Feb 22 min

Reis deur Efesiërs - Deel 2 (08 Februarie 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:1–2 en 6:21–24 TEMA: Die kerk se roeping Nota: Net voor die preek is Isabella Pollard gedoop. Nadia verwys een of twee keer ook na die doop in die preek. Wanneer daar in die kerk oor roeping gepraat word, dink baie van ons dadelik aan…
8 Feb 24 min