Jannie de Villiers gee oorsig van Platteland kongres

Loading player...
Van ‘n gevestigde skaap boer wat ‘n mentorskap deur ‘n vraag op sosiale media gevestig het, tot boere wat self ‘n kliniek opgerig het om gebrekkige mediese dienste aan te spreek, tot die ontwikkeling van kinders in plaasgemeenskappe – die stories van hoop wat op die “Oplossings vir Suid-Afrika se Platteland”-kongres buite Bothaville gedeel is, was uiteenlopend en aangrypend. Voormalige Graan SA hoof-uitvoerende beampte, Jannie de Villiers, het tydens die geleentheid gesê dit is bemoedigend om te sien hoe gemeenskappe bymekaar kom en self inspring om hul probleme aan te spreek OFM Agri se Robyn Schutte het met hom gesels.
25 Feb 2024 10PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Eerste kleinhandel-akademie vir landbou gestig in Bloemfontein

Die Peritum Kleinhandelsakademie, ‘n eerste vir die Suid-Afrikaanse landboubedryf,het ten doel om bestaande en aspirant handelswerknemers toe te rus met die nodige vaardighede vir hierdie dinamiese handelsomgewing. OFM Inhoudsbestuurder,Elzette Boucher-Kruger gesels met Peritum Agri Instituut se Belinda Louw oor hul nuwe kwalifikasie.
8 Sep 11PM 3 min