Val-in-die-tuin Dag!

Loading player...
Laat ons jou lei deur die tuin van liefde op hierdie spesiale dag van Val-in-die-tuin!

As jy nog nie jou dag beplan het nie, sit terug en luister na Dr. Eugene Viljoen, 'n vooraanstaande kliniese sielkundige en seksuoloog, wat sy insigte deel oor die lekkernye en uitdagings binne verhoudings en tussen die lakens.

Ons gesels ook met Sidney Gilroy oor die nuwe potgooi #BOEKPOD wat nou op Afrikaans.Radio beskikbaar is.

Ons deel in die komiese avonture van Juju en sy party lede terwyl hulle worstel om hul snot te hou, en Colene probeer om minder te vloek terwyl sy die mag van liefde en vriendelikheid omarm. Mag Cupido se pyl almal se harte tref, behalwe die ANC se harte. #VoetsekANC
14 Feb 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Krane, Kilo’s, Kakkerlakke en ’n Kat

Hierdie week se KLETS begin by ’n kraan wat meer bring as net water. In Tshwane se kant van die wêreld het die riool die watersisteem ontdek, en skielik is “bottled water” nie meer ’n luukse nie. Dis ’n krisis met ’n baie spesifieke reuk. Terwyl die res van die…
28 Oct 55 min

Hy Huil, Ons Betaal

Colene is karloos in Johannesburg en Matthys kry warm in die studio. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗘𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-263-hy-huil-ons-betaal/ Die verkiesing is om die draai. Op elke lamppaal hang daar ’n gesig wat jou vertel vir wie om te stem, en almal lyk skielik baie lief vir jou. Fekile Mbalula stort…
21 Oct 1 hr 02 min

Wyn, Woorde en Bartho Eksteen

Daar is mense wat oor wyn praat, en dan is daar die man wat dit maak. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-bartho-eksteen/ Hierdie week KLETS ons saam met 𝗕𝗮𝗿𝘁𝗵𝗼 𝗘𝗸𝘀𝘁𝗲𝗲𝗻 van Bartho Eksteen Wynlandgoed. Hy vertel van die wyne wat ons op 𝟮𝟵 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 gaan proe, en van die…
14 Oct 39 min

Die Waarheid Is Duur, Veiligheid Nog Duurder

𝙒𝙖𝙖𝙧𝙨𝙠𝙪𝙬𝙞𝙣𝙜: 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 𝘒𝘓𝘌𝘛𝘚 𝘪𝘴 '𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘥𝘰𝘯𝘬𝘦𝘳. Ons gesels uit die suidpunt van Donker Afrika, so trek die gordyne toe en skink iets sterk. Dis moord en roof. Dis vroue se lyke langs die pad en AK47's in taverns. Intussen word daar meer geld bestee om ministers veilig…
7 Oct 1 hr 01 min

Waaksaam, Welvarend en Windgat

Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel,…
23 Sep 58 min