Erediens - 04 Februarie 2024

Loading player...
Prediker: Nadia Muller
Teks: Markus 8:27-31
Tema: “Wie sê julle is ek?”

Ons skop ons jaartema, “Die jaar van JESUS”, met die volgende twee vrae af:

- Wie WAS Jesus?
- Wie IS Jesus?

Dié twee vrae gaan kort-kort op die tafel kom in die volgende jaar, want ons moet kyk na wie Jesus was, wat Hy gedoen het en hoe Hy geleef het. Ons kan egter nie die Historiese Jesus bespreek sonder om te vra na watter invloed Sy menswees en Godwees op vandag het nie.

Mag elkeen van ons iets van Jesus ontdek wat ons verstom en inspireer, tot só ’n mate dat ons besef dat ons nie sonder Hom kan leef nie.
 
4 Feb 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Reis deur Efesiërs - Deel 6 (08 Maart 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:15–23 (fokus op v.15–19) TEMA: Om vir mekaar te bid Een van die mooiste dinge wat Paulus in sy briewe doen, is om vir mense te sê: Ek bid vir julle – en hy sê selfs waarvoor hy bid. Dit laat ’n belangrike vraag: Hoe…
8 Mar 26 min

Reis deur Efesiërs - Deel 5 (01 Maart 2026)

PREDIKER: DJ Muller TEKS: Efesiërs 1:3–14 Wat as jy van môre af anders na jou eie lewe kyk? Wat as jy ontdek dat jy nie toevallig hier is nie – nie maar net nóg ’n naam op ’n lidmaatlys nie – maar deel van ’n groter, goddelike ontwerp wat reeds…
1 Mar 39 min

Reis deur Efesiërs - Deel 4 (22 Februarie 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:3–14 Wat as jy nie net wag vir eendag se aankoms in die hemel nie, maar reeds nou leef uit ’n oorwinning wat klaar behaal is? In Efesiërs 1:3–14 ontdek ons iets wat jou kop dalk effens laat kantel: jy is reeds geseën met elke…
22 Feb 30 min

Reis deur Efesiërs - Deel 3 (15 Februarie 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:3–14 TEMA: Uitroep van Lof! Die lied waarna Nadia verwys: https://www.youtube.com/watch?v=8T2zPTpEiT8 AI-prentjies van mense doen tans oral die rondte – karikature van regte mense, maar tog nie heeltemal nie. Minder plooie en grys hare, sagter, vriendeliker en meer opwindend. Dis mos wat almal wil sien?…
15 Feb 22 min

Reis deur Efesiërs - Deel 2 (08 Februarie 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:1–2 en 6:21–24 TEMA: Die kerk se roeping Nota: Net voor die preek is Isabella Pollard gedoop. Nadia verwys een of twee keer ook na die doop in die preek. Wanneer daar in die kerk oor roeping gepraat word, dink baie van ons dadelik aan…
8 Feb 24 min