Ep. 10 - Renosters en Rituele: Hoe ver is ons van uitsterwing? (dr. Braam Hanekom)

Loading player...
Renosters is vir seker aan die uitsterf, en almal is daarvan bewus. Maar is daar dalk nóg iets wat aan die uitsterf is waarvan ons te min kennis neem?

In hierdie episode ondersoek ons die rol van rituele en simbole in die samelewing met dr. Braam Hanekom. Ons kyk na die invloed van simbole en rituele in die antieke tyd en vra of moderne samelewings dalk hiervan weg beweeg het.

Braam deel sy perspektief oor hoe die afname van gedeelde simbole en rituele ons interaksie met die wêreld en mekaar beïnvloed. Ons verken die waarde van simbole in die moderne samelewing en die verband met sakramente.

Die gesprek verskuif na rituele, waar ons kyk na handelinge wat 'n ritueel-karakter aanneem, soos oorgangsfases, belydenisaflegging en selfs 'n tipiese Suid-Afrikaanse braai. Braam deel sy insigte oor hoe rituele kultuurgrense oorskry en gemeenskappe verryk.
6 Feb 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Die meisie met 'n geheim

In hierdie vertelling hoor ons van die eerste Kersfees soos beleef deur Maria - nie as ’n veraf Bybelverhaal nie, maar deur ’n jong meisie se herinnering aan stofpaaie en ’n ja-woord wat alles verander het. Sy vertel van vrees en vertroue, van ’n lang reis na Bethlehem, van ’n…
18 Dec 7 min

Stille Nag - Lied van vrede

In hierdie vertelling neem ons jou terug na ’n sneeubedekte dorpie in Oostenryk, waar ’n priester en ’n skrynwerker met net ’n gedig en ’n kitaar ’n lied skep wat die wêreld sou verander. Die verhaal beweeg verder na die loopgrawe van 1914, waar dieselfde lied - oor niemandsland gesing…
18 Dec 8 min

Ep. 16 - The Long Haul of Faith: Dr. Rowan Williams on Vocation and Prayer

In this special episode, I sat down with about 9 other people, including Dr. Rowan Williams after a full day of exploring “Faith Formation within the Church for the Life of the World” at the Andrew Murray Centre. Following the main event, Marnus Havenga and Dr. Williams engaged in a…
30 Oct 2024 34 min

Ep. 15 - Die onmoontlike "geluk" - Prof Anton van Niekerk

“Goue tafels, goue stoele en goue vloere kan seker soms geluk beteken, maar nie ’n goue dogtertjie nie.” Só reflekteer prof. Anton van Niekerk oor koning Midas se obsessie met geluk en goud, tot op die dag dat Marygold, sy dogtertjie, ook in goud verander. Prof. Anton het tydens die…
9 Oct 2024 34 min

Ep. 14 - Ouerskap: Lééf in besig wees

Ouers is superhelde. Hulle kan nie net "multiTASK" nie, maar is sommer ook iets in die lyn van "multiBEINGS". In die loop van 'n dag moet ouers polisiekonstabel, dokter, prokureur, regter, pastoor, finansiële adviseur en onderwyser wees. Realiteit: ouers het konstant 'n hoed op en is iets vir iemand. So…
11 Jun 2024 21 min