Ep. 15 - Die onmoontlike "geluk" - Prof Anton van Niekerk

Loading player...
“Goue tafels, goue stoele en goue vloere kan seker soms geluk beteken, maar nie ’n goue dogtertjie nie.” Só reflekteer prof. Anton van Niekerk oor koning Midas se obsessie met geluk en goud, tot op die dag dat Marygold, sy dogtertjie, ook in goud verander.

Prof. Anton het tydens die ringsitting van die Ring van die Paarl op 9 Oktober 2024 gepraat oor die ware betekenis van geluk. “Dit was een van daardie gesprekke wat nooit te lank sou voel nie,” beskryf een van die ringsleraars sy ervaring.

In kort: Geluk is nie iets wat ons kan najaag of skep nie. Waar kom geluk dan vandaan? Luister gerus na prof. Anton se diskoers hieroor.

Prof. Anton van Niekerk is ’n gerespekteerde Suid-Afrikaanse filosoof en akademikus, en was voor sy aftrede verbonde aan die Universiteit Stellenbosch, waar hy gefokus het op etiek, politieke filosofie en die filosofie van godsdiens. Sy navorsing het veral ’n impak gemaak op die etiek van gesondheid en biomediese kwessies, en hy het diepgaande bydraes gelewer oor die rol van moraliteit in die openbare sfeer. As skrywer en openbare intellektueel staan hy bekend vir sy genuanseerde beskouings en sy vermoë om komplekse temas op ’n toeganklike en relevante wyse te verwoord.
9 Oct 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Die meisie met 'n geheim

In hierdie vertelling hoor ons van die eerste Kersfees soos beleef deur Maria - nie as ’n veraf Bybelverhaal nie, maar deur ’n jong meisie se herinnering aan stofpaaie en ’n ja-woord wat alles verander het. Sy vertel van vrees en vertroue, van ’n lang reis na Bethlehem, van ’n…
18 Dec 7 min

Stille Nag - Lied van vrede

In hierdie vertelling neem ons jou terug na ’n sneeubedekte dorpie in Oostenryk, waar ’n priester en ’n skrynwerker met net ’n gedig en ’n kitaar ’n lied skep wat die wêreld sou verander. Die verhaal beweeg verder na die loopgrawe van 1914, waar dieselfde lied - oor niemandsland gesing…
18 Dec 8 min

Ep. 16 - The Long Haul of Faith: Dr. Rowan Williams on Vocation and Prayer

In this special episode, I sat down with about 9 other people, including Dr. Rowan Williams after a full day of exploring “Faith Formation within the Church for the Life of the World” at the Andrew Murray Centre. Following the main event, Marnus Havenga and Dr. Williams engaged in a…
30 Oct 2024 34 min

Ep. 14 - Ouerskap: Lééf in besig wees

Ouers is superhelde. Hulle kan nie net "multiTASK" nie, maar is sommer ook iets in die lyn van "multiBEINGS". In die loop van 'n dag moet ouers polisiekonstabel, dokter, prokureur, regter, pastoor, finansiële adviseur en onderwyser wees. Realiteit: ouers het konstant 'n hoed op en is iets vir iemand. So…
11 Jun 2024 21 min

Ep. 13 - Om gelowig kwaad te wees

Twee vroue vertel oor hul ervarings van kwaad wees - één oor ’n ontvoering, en die ander een oor ’n gewapende roof. Esté Gross is ’n rubriekskrywer, sangeres en omroeper by PretoriaFM en bied die middag nuus- en aktualiteitsprogram IMPAK aan. Mariëtte Theart is mede-eienaar van MaWees - 'n platform…
11 Mar 2024 24 min