Ploeg terug: Van der Walt Tandartse kyk na jong tande

Loading player...
Van der Walt Tandartse fokus op kinders se tande wanneer hulle terugploeg in die gemeenskap. Dr. Liezl van der Walt kuier saam met hul Tandemuis-gelukbringer in die ateljee om meer te vertel oor hul borgskappe van mondskerms sowel as hul inkleurkompetisie. Die maandelikse wennertjie mag 'n nie-winsgewende organisasie kies om die begunstigde van 'n R1 000 skenking te wees.
23 Jan 2024 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Oktober is Downsindroommaand

Oktober is Downsindroommaand. Annien van Tonder van Club 21 vertel wat jy kan doen om meer ondersteunend en inklusief te wees.
28 Oct 6 min

Onderversekering: Herbou van huis kan meer kos as wat jy dink

'n Huis kan op papier lyk asof dit voldoende verseker is, terwyl dit in werklikheid aansienlik onderverseker is. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur verduidelik waarom die herbouwaarde belangrik is, hoe onderversekering gedeeltelike eise kan beïnvloed, en waarna huiseienaars moet kyk.
28 Oct 14 min

Braai Hard vir Power of 8 000

Die tweede aflewering van Braai Hard vind Saterdag plaas ten bate van Power of 8 000. Greg Austin en Angela Kent gesels met die Middag Game Drive.
27 Oct 7 min