Dricus du Plessis-geveg: Wat dink die boksafrigter?

Loading player...
'n Reuse-stryd wag die naweek op die Suid-Afrikaanse gemengde vegkunsster Dricus du Plessis. Hy kom Sondagoggend 5-uur, Suid-Afrikaanse tyd, in Toronto, Kanada, te staan teen Sean Strickland om die UFC-middelgewig-kampioenskapstitel. Dit is Du Plessis se eerste titelgeveg in die UFC en boonop teen die gevaarlike Amerikaner, wat die verdedigende kampioen is. Lawrence Baird van Nelspruit Boxing Club gesels met Sonop Ontbyt oor sy voorbereiding en strategie.
19 Jan 2024 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Oktober is Downsindroommaand

Oktober is Downsindroommaand. Annien van Tonder van Club 21 vertel wat jy kan doen om meer ondersteunend en inklusief te wees.
28 Oct 6 min

Onderversekering: Herbou van huis kan meer kos as wat jy dink

'n Huis kan op papier lyk asof dit voldoende verseker is, terwyl dit in werklikheid aansienlik onderverseker is. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur verduidelik waarom die herbouwaarde belangrik is, hoe onderversekering gedeeltelike eise kan beïnvloed, en waarna huiseienaars moet kyk.
28 Oct 14 min

Braai Hard vir Power of 8 000

Die tweede aflewering van Braai Hard vind Saterdag plaas ten bate van Power of 8 000. Greg Austin en Angela Kent gesels met die Middag Game Drive.
27 Oct 7 min