2024 daar vat hy!

Loading player...
Nuwe jaar nuwe dinge. Die jaar van die draak is hier en mag die draak sterker wees as ons monsters. Mag die draak vuur braak oor ons vet gevrete leiers. Liberate yourself dit is die “Age of Aquarius”. Ons gesels met die clairvoyant, That Zen Guy, want die nommers en die politikuste lieg so ons kyk nou na die sterre vir rigting en wysheid.

Die kinders bly dom want 30% slaagsyfer, jy weet mos dit maak vir Angie happy, is genoeg. Wie is die ANC se “sugerdaddy” want hul het duidelik met hul dik gatte in ‘n moerse bak Rama geval. Kom ons hoop John Steenhuisen kry sy balle voor die verkiesing.

Indien jy met Deon wil kontak besoek www.thatzenguy.co.za.
17 Jan 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Kakkerlakke en ’n land vol Dialoog planne

In hierdie week se KLETS kyk ons na die Nasionale Dialoog – daai groot “kom ons gesels”-projek wat miljoene rande kos. Die DA rol hul 6-punt-plan uit om Suid-Afrika reg te ruk – ses fokusareas wat, volgens hulle, die land kan draai van chaos na iets wat lyk soos orde…
13 Aug 55 min

9 Augustus 2025 - 'n Ode aan Vroue

Vrouedag: Sy’t Onthou” 9 Augustus. Dis nie net ’n vakansiedag nie. Dis nie net “discount op blompotte by Checkers” nie. Dis nie net ’n WhatsApp-storie met pienk skrif en “Jy’s spesiaal, vriendin” nie. Dis ’n dag. ’n Ernstige dag. Met geskiedenis. Met backbone. 1956. Pretoria. Uniegebou. 20 000 vroue. Nie…
9 Aug 4 min

Van Pamela Anderson tot Plaasgeheime en 'n Ode aan Vroue

In hierdie week se KLETS is dit ’n storie van onthullings, vergange glorie, vrouens. Saai verklap waar News24 die akkers begrawe het. Die saadjie van die waarheid is geplant, nou wag ons vir iets om te groei… of bars. Pamela Anderson, voormalige “see babe" van die wêreld, is nou weer…
6 Aug 1 hr 01 min

Medisinale Sampioene: Weg met pille, hallo paddastoele!

In hierdie week se KLETS duik ons kop eerste in die wêreld van medisinale sampioene saam met Gerhard Pretorius van Kuja Wellness. Van Onkologie Blends tot Achiever Blends, van stres en angs tot bewustheid en persoonlike groei – hierdie gesprek is ’n allesomvattende inleiding tot die krag en magic van…
30 Jul 1 hr 11 min

Kiss cams, cronies en konstabels wat hyg

In hierdie week se KLETS ruk ons die kombers van realiteit af – en wat daaronder uitkruip is ’n mengsel van korrupsie, affairs en die laaste krummels van integriteit. Die Coldplay kiss cam het dit weer gewys: ’n man is ’n bok, en ’n bok is… wel, ’n bliksem. Maar…
23 Jul 59 min