Universiteit van Mpumalanga vier 10de bestaansjaar

Loading player...
Die Universiteit van Mpumalanga vier vandag sy 10de bestaansjaar. Die visiekansellier, Professor Thoko Mayekiso; adjunk-hoofregter en kansellier, Regter Mandisa Maya; die adjunkminister van Hoër Onderwys, Buti Manamela; en die Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane het vanoggend die amptelike seremonie bygewoon. Die universiteit het die eerste studente in 2014 ingeneem en gegroei van 169 tot 8-duisend-442 vanjaar en die aanbieding van drie akademiese kwalifikasies tot 65 tans. Tlangelani Ubisi gesels met Sonop Ontbyt.
3 Nov 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Dameskring omarm Afrikaans

Die Dameskring Eersteling-tak bied elke twee jaar 'n Afrikaans Aand aan om die taal te bevorder en hul beursprogram te ondersteun. Marionette Groenewald gesels met Kies Koers oor vanjaar se tema van "Omarm".
14 Sep 8 min

El Niño en malaria: Kenner vertel

Prof. Lizette Koekemoer van die Wits Navorsingsinstituut vir malaria vertel vir Saterdag Ontbyt wat die komende somer, met 'n baie sterk El Niño, vir muskiete en malaria in kan hou.
14 Sep 12 min

Lefpa onthou 11 September 25 jaar later

Dit is vandag die 25ste herdenking van 11 September 2001 toe Al Kaïda-vlieëniers met twee gekaapte vliegtuie in die toringgeboue van die Wêreldhandelsentrum in New York vas gevlieg het. In totaal is 2,977 slagoffers daardie dag dood. André Scheepers van die Laeveld- en platorand-brandbeskermsvereniging deel sy herinneringe.
11 Sep 6 min