Skoonmaak van R40 'n groot sukses

Loading player...
Die groot skoonmaak aksie deur We Care for Nelspruit en die Power of 8000 was ‘n groot sukses.
Vir ses dae het spanne bosse weggesny, gras is gesny en rommel opgetel.
TJ Maré sê hulle kon in totaal 'n 1 001 swartsakke met vullis en rommel vul.
Die area vanaf die cruising na Msholozi tot verby TUT aan die suidpunt van Mbombela is gedek.
Die fokus was op die middelman, sowel as sowat ‘n meter aan weerskante van die pad.
“Daar is mense wat in Rocky Drift werk en vir my sê hulle het nie geweet daar is ‘n sement-middelman nie – dit was vir so lank so oorgroei.”
Hy sê die projek is baie goed deur die breër pulbiek ondersteun.
Hulle beplan om die nuwe skoner area voorts in stand te hou.
8 Aug 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Oktober is Downsindroommaand

Oktober is Downsindroommaand. Annien van Tonder van Club 21 vertel wat jy kan doen om meer ondersteunend en inklusief te wees.
28 Oct 6 min

Onderversekering: Herbou van huis kan meer kos as wat jy dink

'n Huis kan op papier lyk asof dit voldoende verseker is, terwyl dit in werklikheid aansienlik onderverseker is. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur verduidelik waarom die herbouwaarde belangrik is, hoe onderversekering gedeeltelike eise kan beïnvloed, en waarna huiseienaars moet kyk.
28 Oct 14 min

Braai Hard vir Power of 8 000

Die tweede aflewering van Braai Hard vind Saterdag plaas ten bate van Power of 8 000. Greg Austin en Angela Kent gesels met die Middag Game Drive.
27 Oct 7 min