Die bekende voëlkenner, Duncan MacKenzie, kuier vandag in die ateljee saam met Sonop Ontbyt wat elke Woensdag Bos gaan en oor bewaring en natuurlewe gesels.
LEFPA het die brandseisoen verleng en die brandverbod bly tot 15 November in plek weens die huidige hoë brandgevaar toestande. André Scheepers gesels met Sonop Ontbyt.
Waar moet jy Woensdag stem? SMS jou identiteitsnommer na 32810 om uit te vind. Om te bepaal of jy goedgekeur is vir 'n spesiale stem, SMS dit na 32711. Thanduxolo Chembeni van die Verkiesingskommissie gesels met Sonop Ontbyt.
'n Huis kan op papier lyk asof dit voldoende verseker is, terwyl dit in werklikheid aansienlik onderverseker is. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur verduidelik waarom die herbouwaarde belangrik is, hoe onderversekering gedeeltelike eise kan beïnvloed, en waarna huiseienaars moet kyk.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.