Ride for a Child: 3 200 km afgelê teen dag 8

Loading player...
Die Ride for a Child-span het al sowat 3 200 km van hul beplande 7 000 km motorfietsrit om die land afgelê. Vandag (Maandag) is dag 9.
Na hulle deur die reën in Mpumalanga, Limpopo en Noordwes gery het, het die span Donderdag en Vrydag vir twee aande in Upington oorgeslaap waar hulle twee kinderhuise besoek het met doeke, kos, boeke en lekkernye.
Saterdag het hulle via Alexanderbaai (die mees westelike punt van die roete) na Port Nolloth gery en Sondagmiddag (gister) in Lambertsbaai aangekom.
"Vir die volgende 10 dae ry ons net al langs die see," sê dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa.
20 Feb 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Dr. Peet van der Walt deel stories van sy ervaring

Dr. Peet van der Walt is 'n legende in natuurbewaring. Hy was lank die adjunkhoof van Natuurbewaring in Namibië en het 'n sleutelrol gespeel in die stigting van die oorgrens parke. Hy was by Charles in die ateljee tydens Saterdag Ontbyt.
26 Aug 16 min

911 Ride is vir Grace Baby Haven vanjaar

Die Mpumalanga 911 Riders fokus op Grace Baby Haven en die Teddy Bear Foundation vanjaar tydens hul jaarlikse rit ten bate van nie-winsgewende organisasies. Shaun Terblanche en Nandi de Witt vertel meer.
26 Aug 7 min

Ndlovu Jeugkoor sing vir erfenis

Die Ndlovu Jeugkoor hou op 7 September konsert in die botaniese tuin ten bate van die SANParke Ereveldwagters as deel van hul Erfenistoer. Ralf Schmitt gesels met Sonop Ontbyt.
25 Aug 10 min

Die moets en moenies vir Eisteddfod

Senuwees is enige akteur se grootste vyand. Steven Schamrel van Troupe Studio het raad vir ouers en deelnemers voor die drama en spraak-afdeling van die Nelspruit Eisteddfod oor die volgende twee weke plaasvind.
21 Aug 11 min