
Agri-uur: 20 Februarie, Andrea Campher
Loading player...
Suid-Afrika word tans deur twee rampverklarings in die gesig gestaar – een weens die kragkrisis en een weens die vloede ná baie reën. Agri SA se Andrea Campher sê dié noodtoestande is in minder as ‘n week afgekondig. Sy gesels met OFM-nuus se Elsabé Richard-May oor hoe die regering te werk sal gaan om hulpbronne en fondse beskikbaar te stel om die krisisse aan te spreek.