"My meisie het 'n bullet vir my gevat" - Jonathan Bezuidenhoudt

Loading player...
Coach Freek gesels die week met Jonathan Bezuidenhoudt. Jonathan was bevooreg om in ‘n huis groot te word waar die Here gedien was. Sy ma is oorlede toe hy 11 jaar oud was. Dinge het toe begin om skeef te loop vir hom. Verkeerde vriende het sy goeie opbrings begin belemmer. Hy was egter die eerste een onder sy vriende wat op die ouderdom van 13 met die gereg gebots het. Jonathan se oudste broer en ‘n neef het hom voorgestel aan dwelms toe hy in graad 8 was. In graad 11 het hy ‘n mede leerling gesteek met ‘n mes. Hy was toe ‘n voortvulgtige gewees en die polisie wou hom doodskiet. Hy het bekend gestaan as “Joburg” onder sy mede bende makkers. Daar was geen hoop meer vir Joburg gewees om iets goeds van sy lewe te maak nie. Sy eie pa het tot vir sy meisie aangeraai om vir Joburg te los. Kon “Joburg” opstaan en begin om sy omstandighede en uitdagings baas te raak? Maak seker jy kyk na Jonathan se hele onderhoud saam Coach Freek!
28 Jan 2023 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Die stem wat so lank stilgemaak is, praat vandag | Monami du Preez

“BLY STIL! JY MAG NIE DAAROOR PRAAT NIE” | Monami du Preez se aangrypende getuienis Kort, kragtige YouTube-beskrywing: Monami du Preez se onskuld is as jong dogtertjie gesteel — en van kleins af moes sy leer om stil te bly. Later het sy haarself weer vasgevang in ’n vernietigende, mishandelende…
12 Sep 1 hr 51 min

Die Demone Wou My Doodmaak… Toe Ontmoet Ek Jesus | Sharn du Preez

Sharn du Preez deel sy rou en kragtige getuienis — van ’n lewe in Brittanje se nagklubs en sekuriteitswêreld, ’n gebroke huwelik, drank en ’n punt waar hy sy eie lewe wou neem, tot ’n persoonlike ontmoeting met Jesus Christus. Sharn vertel hoe sy soeke na God hom uiteindelik na…
12 Sep 1 hr 31 min

Toe My Ma Ons in 'n Karavaan wou Verbrand - Arie Jacobs

In hierdie aangrypende episode van Baasraak saam Coach Freek deel Arie Jacobs sy ongelooflike getuienis van 'n moeilike kinderlewe, betrokkenheid by die okkult en hoe Jesus Christus hom uit die diepste duisternis na ware vryheid gebring het. 🙏 Moenie vergeet om op die kanaal in te teken vir meer lewensveranderende…
12 Sep 1 hr 36 min

Nicky Potgieter deel haar "Scarface Storie"

Nicky Potgiete het by ons kom kuier in die Baasraak Ateljee. Sy het haar aangrypende "Scarface" storie met ons gedeel. Ondersteun ons bediening hier: 👉 www.baasraak.tv/gee 🔥 Onthou: Jou gesondheid is jou grootste bate — begin vandag om beter na jou liggaam om te sien. 👉 Bestel jou Tala produkte…
12 Sep 50 min