BAASRAAK RADIO Baasraak saam Coach Freek

Baasraak saam Coach Freek

Freek Vermaak, beter bekend as Coach Freek, The Underdog Coach en The Prison Preacher, inspireer mense al vir 25 jaar met ’n kragtige boodskap van hoop, geloof en herstel. Sy bediening het hom na tronke, skole, rehabilitasiesentrums, sportspanne, kerke en besighede geneem.

Op die Baasraak saam Coach Freek Podcast gesels hy met mede-Baasrakers oor hoe hulle deur God se genade hul uitdagings, terugslae en omstandighede in die lewe baasgeraak het.

Freek is ook die aanbieder van Halftime with Coach Freek, sy radioprogram wat elke Maandag, Woensdag en Vrydag van 12:00 tot 14:00 uitgesaai word, op Heartbeat FM.

Nuwe inhoud word weekliks opgelaai. Teken in en raak deel van die Baasraak-familie.

Ondersteun Coach Freek se bediening: www.baasraak.tv/gee
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity Narrated by Coach Freek se bedieningsspan en sy vriende en vennote
67 Episodes
1 – 20

Die stem wat so lank stilgemaak is, praat vandag | Monami du Preez

“BLY STIL! JY MAG NIE DAAROOR PRAAT NIE” | Monami du Preez se aangrypende getuienis Kort, kragtige YouTube-beskrywing: Monami du Preez se onskuld is as jong dogtertjie gesteel — en van kleins af moes sy leer om stil te bly. Later het sy haarself weer vasgevang in ’n vernietigende, mishandelende…
12 Sep 1 hr 51 min

Die Demone Wou My Doodmaak… Toe Ontmoet Ek Jesus | Sharn du Preez

Sharn du Preez deel sy rou en kragtige getuienis — van ’n lewe in Brittanje se nagklubs en sekuriteitswêreld, ’n gebroke huwelik, drank en ’n punt waar hy sy eie lewe wou neem, tot ’n persoonlike ontmoeting met Jesus Christus. Sharn vertel hoe sy soeke na God hom uiteindelik na…
12 Sep 1 hr 31 min

Toe My Ma Ons in 'n Karavaan wou Verbrand - Arie Jacobs

In hierdie aangrypende episode van Baasraak saam Coach Freek deel Arie Jacobs sy ongelooflike getuienis van 'n moeilike kinderlewe, betrokkenheid by die okkult en hoe Jesus Christus hom uit die diepste duisternis na ware vryheid gebring het. 🙏 Moenie vergeet om op die kanaal in te teken vir meer lewensveranderende…
12 Sep 1 hr 36 min

Nicky Potgieter deel haar "Scarface Storie"

Nicky Potgiete het by ons kom kuier in die Baasraak Ateljee. Sy het haar aangrypende "Scarface" storie met ons gedeel. Ondersteun ons bediening hier: 👉 www.baasraak.tv/gee 🔥 Onthou: Jou gesondheid is jou grootste bate — begin vandag om beter na jou liggaam om te sien. 👉 Bestel jou Tala produkte…
12 Sep 50 min

My trane bring nou blydskap vir ander - Madge du Preez

Madge du Preez deel haar storie met Coach Freek. Sy vertel hoe haar misery haar ministry geword het. 🔔 Subscribe vir meer kragtige getuienisse en inspirerende gesprekke 👍 Like & deel hierdie video met iemand wat dit vandag moet hoor Ondersteun die bediening: https://www.baasraak.tv/gee 🌿 Gesondheid & Welstand Vennoot –…
12 Sep 37 min

Die Vyand het Hom Probeer Stop… Maar God! | William Austin Getuienis

In hierdie kragtige episode van Baasraak saam Coach Freek, sit ek saam met William Austen — ’n man met ’n ongelooflike, rou en aangrypende getuienis. William se verhaal neem ons op ’n diep reis deur roeping, val, stryd en uiteindelike herstel in Jesus Christus. As ’n toegewyde sielwenner het hy…
21 Mar 1 hr 42 min

Baasraak binne die Hawequa Korrektiewe Sentrum

Luister na hierdie kragtige opname van ’n herlewingsdiens wat die Baasraak-span by die Hawequa Korrektiewe Sentrum gehou het. Hierdie diens is gevul met hoop, herstel en die boodskap dat niemand te ver is van God se genade nie. Selfs agter tralies werk God steeds in harte en lewens. Mag hierdie…
8 Feb 1 hr 58 min

Baasraak binne die Voorberg Med B Korrektiewe Sentrum

Luister na hierdie kragtige opname van ’n herlewingsdiens wat die Baasraak-span op 24 Oktober 2021 by Voorberg Med B Korrektiewe Sentrum gehou het. Hierdie diens is gevul met hoop, herstel en die boodskap dat niemand te ver is van God se genade nie. Selfs agter tralies werk God steeds in…
1 Feb 1 hr 56 min

God se wenresep tot 'n lewe van oorwinning - Coach Freek

In hierdie kragtige kort preek deel Coach Freek ’n lewensveranderende boodskap gebaseer op die verhaal van die verlore seun. Wat het hy moes doen om uit die varkhok te kom? Daar is 'n geestelike wenresep — God se eie strategie — wat, as jy dit toepas, jou sal help om…
23 Jul 2025 15 min

Jaco Pitzer - Die Volle Potgooi Episode

🎙 Baasraak saam Coach Freek – 'n Gesprek met Jaco Pitzer In hierdie kragtige en eerlike episode gesels Coach Freek en die manne met Jaco Pitzer – seun van die legendariese BlouBul en Springbok-haker Gys Pitzer Snr., wat tussen 1967 en 1970 in 12 toetse vir die Bokke gespeel het…
9 Jul 2025 2 hr 17 min

My gebed was, Here maak my 'n man asseblief? - Atman Samuels

In hierdie kragtige episode van die Baasraak saam Coach Freek Potgooi deel Atman Samuels sy roerende getuienis – 'n eerlike reis van stukkend wees na herstel, en hoe God hom gevorm het tot 'n man na Sy hart. Atman neem ons saam na die oomblik waar hy op sy knieë…
6 Jul 2025 2 hr 09 min

Willem Strauss: My hele lewe het verander na ek 'n 102kg verloor het

🎙 Hierdie week op die Baasraak saam Coach Freek se Potgooi: Coach Freek gesels met Entrepreneur en Avonturier Willem Strauss In 2014 is Willem gediagnoseer met diabetes. Na 'n maagomleiding-operasie het hy ongelooflike 102kg verloor – en sy lewe het radikaal verander. Sy insulienmedikasie is reeds twee dae later in…
29 Jun 2025 2 hr 07 min

Deon Pieterse: God het my 'n tweede kans gegee!

Coach Freek gesels met Privaat Speurder Deon Pieterse Deon en Freek het mekaar in 2003 ontmoet by ’n manne-ontbyt – ’n oggend wat Deon se lewe vir altyd sou verander. Destyds was Deon steeds in die SAPD, vasgevang in ’n donker spiraal van alkohol- en dwelmmisbruik. Sy lewe was op…
22 Jun 2025 1 hr 09 min

Die God van die Underdog - Coach Freek

HIERNA MOET JY LUISTER! In die potgooi gesels Coach Freek met die manne oor die "God van die Underdog" Maak seker jy luister daarna en deel dit met almal wat jy ken?
8 Apr 2025 49 min

Baasraak saam Coach Freek 21 Feb 2024

Luister na Coach Freek se Radio Program "Baasraak" wat elke weeks oggend tussen 6-7uur op Unlock Radio uitgesaai word. Die episode was opgeneem by die Beaufort Wes Korrektiewe Sentrum
28 Feb 2024 1 hr 09 min

Jou Gereedskapkas - Menzo Strauss

Luister na die Potgooi Episode van Coach Freek se Radio Program "Baasraak" wat elke weeks oggend tussen 6-7uur op Unlock Radio uitgesaai word.
9 Feb 2024 55 min
1 – 20