Klas van 2022: NHS se topleerlinge

Loading player...
Die Klas van 2022 by Hoërskool Nelspruit (NHS) het bo verwagting by die eise wat die Covid-19-pandemie en beurtkrag aan hulle gestel het aangepas om uitstekend te presteer in hul eindeksamen.
Die groep van 282 kandidate het ‘n slaagpersentasie van 99,6% behaal. In totaal het 93,9% (265) universiteitstoelating verwerf. Die ander 6,1% kwalifiseer vir diplomastudies.
Gesamentlik het die Nellies 415 onderskeidings behaal.
Nicolas Smook het nege A-simbole. Paul Harley, Dian Heyl en Jomarié du Toit het elk agt. Sy vertel van die uitdagende ervaring.
25 Jan 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Sonkragstelsel? Beveilig hom so

Callum MacPherson van Securicon gesels met Laeveld Brunch oor die tendens van mense se beleggings in sonkrag-infrastruktuur wat gesteel word.
18 Jun 17 min

Vordering met beveiligheid van laagwaterbrug oor Krokodilrivier

Die polisie het bevestig dat die oorskot wat in 'n Krokodil gevind is met DNS-toetse bevestig is as die sakeman Gabriel Batista, wat in Mei in die Krokodilirivier buite Komatipoort meegesleur is. Die voorval het plaasgevind op 'n oorstroomde laagwaterbrug, waar twee weermaglede ook in Desember meegesleur is in hul…
18 Jun 8 min

Pumalanga Frail Care hou opedag

Pumalanga Frail Care is 'n nie-winsgewende organisasie wat verswakte bejaardes versorg. Sis. René Nel gesels oor die Opedag wat hulle môre aanbied.
15 Jun 7 min