Ds Janlu Kuyler (Dominee van NG Robertson) is weekliks aan die beurt met elke dag waarhede uit die Woord. Vandag se gesprek gaan oor Handelinge 17 oor die vreeslose vrymoedigheid van die vroeë kerk.
Johann Els gesels oor "Die Anties Bring Hoop", gestig deur Centurion gebaseerde kunstenares Mariette Beukes, wat verlede jaar met hierdie kunsklasse 'n groot impak gemaak het op vroue se lewens in droogtegeteisterde gebiede in die Karoo en Kaap.
Johann Els gesels met Annemarie Esterhuizen, kamp organiseerder vir die Radiokansel Vrouekamp 22 -24 Mei by Shekinah Resort. Sy is die een wat die hele kamp logisties laat werk, en sy bid elke mens deur tot die laaste oomblik wanneer almal baai sê.
HJ Cronjé vertel vandag vir ons nog een van sy Kalaharistories. Sy getuienis verhale het 'n geestelike boodskap, maar word vertel in daardie unieke styl wat mens slegs daar op die kaal vlaktes kan optel. Vandag se storie se naam is “Hartsmense” uit Pred 4:10 en Spr 17:17
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.