
PM berig oor onder meer die moontlikheid van biologiese wolverwydering
Loading player...
‘n Tekort aan skeerders in Australië het wolprodusente genoop om alternatiewe maniere te vind om wol te oes. Biologiese of chemise wolverwydering is ‘n proses wat al langer as ‘n dekade ontwikkel word en onlangse proefnemings kyk weer na die lewensvatbaarheid daarvan. Intussen is daar in Nieu-Seeland weer pogings aan die gang om omgewingsvriendelike vesel te ondersteun. Die doel is onder andere om uitvoerinkomste vir wol te bevorder.