
Agri-uur: 19 September, dr. Robert Hansen en dr. Mariana Erasmus (UFS)
Loading player...
‘n Analise om die samestelling van die slik te bepaal wat tans dele van Jagersfontein bedek, word deur die Universiteit van die Vrystaat voortgesit. Hierdie analise volg nadat ‘n slikdam van ‘n myn in daardie omgewing gebreek het en groot verwoesting tot gevolg gehad het. OFM-nuus se Elsabé Richard-May gesels met dr. Robert Hansen en dr. Mariana Erasmus van die Universiteit van die Vrystaat. Hulle is onderskeidelik die direkteur en vise-direkteur van die Sentrum vir Minerale Biogeochemie.