
PM berig oor die rosyntjiebedryf
Loading player...
Die rosyntjiebedryf het die afgelope jaar deur baie uitdagings moes gaan, onder andere oor water- en versuipskade. Nietemin berig die Hoof Uitvoerende Bestuurder van Raisins SA, Ferdie Botha, in die organisasie se jaarverslag, dat die bedryf positiewe vooruitgang voorspel in die volgende paar jaar. Botha spel ook die belangrikste strategiee uit vir die organisasie en spreek die hoop uit dat markte binnekort uitgebrei sal word. Hy noem dat die organisasie steeds ‘n leidende rol speel in die landbousektor.