
Agri-uur: 14 September, Prof. Carlu van der Westhuizen
Loading player...
Die Toyota SA en Agri SA Jongboer van die Jaar-kompetisie laat finaliste nie net daarna uitsien om die gelukkige eienaar van ‘n nuwe Toyota Hilux-bakkie te wees nie, maar dit dwing hulle ook om introspeksie te doen en te kyk of hulle hulle besighede doeltreffend bestuur. Só sê een van die beoordelaars van dié kompetisie, Professor Carlu van der Westhuizen, van die Sentrale Universiteit van Tegnologie in die Vrystaat. OFM-nuus se Elsabé Richard-May het met hom hieroor gepraat…