
Hans-Jurie Moolman, ‘n bekende regskundige
Loading player...
Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende prokureur wat ‘n kundige is op die gebied van grondregte. Vandag bespreek hy die oprigting van strukture deur plaasbewoners. Verskeie onlangse regsuitsprake het lig op hierdie onderwerp gewerp. Moolman verduidelik onder andere ook die oprigting van sogenaamde nuwe strukture, asook bouregulasies in munisipale gebiede en die vereistes daarvoor. Die eienaar kan die hof nader om sekere strukture te verbied wanneer die wet nie nagekom word nie.