
Dr Johnny vd Merwe, bekende landbou-ekonoom, gesels oor die kommoditeitspryse
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmielies het gestyg hierdie week. Laer opbrengste in die VSA is een van die redes hiervoor. Die gehalte oeste lyk verder goed in die VSA en oefen ‘n groot invloed op pryse uit. Sojabone het ook intussen gestyg en rekordoeste word in die VSA verwag. Koringpryse het intussen verder gestyg, maar sorghumpryse het gedaal.