
Prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat
Loading player...
Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels vandag oor beurtkrag en die uitwerking daarvan op die sektor. Veral besproeiingsboere kry swaar en dis moeilik om alternatiewe kragbronne te vind op kort kennisgewing. Onvoorsiene instandhoudingswerk bemoeilik sake verder. Voorspellings van tot 20 dae beurtkrag in ‘n maand gedurende die somer, is kommerwekkend, en Maré verwag dat daar nie gou ‘n oplossing vir die probleem gevind sal word nie.