
PM gesels met die Hoof Uitvoerende Bestuurder van Raisins SA, Ferdie Botha
Loading player...
Ferdie Botha is die Hoof Uitvoerende Bestuurder van Raisins SA. Tydens ‘n simposium van die bedryf in Upington, gesels hy oor hoe om die bedryf se uitdagings die hoof te bied. Volgens hom het slegte weerpatrone in die laaste twee jaar veroorsaak dat die bedryf skade gely het, maar Botha is optimisties dat die bedryf weer sal herstel. Botha verduidelik dat die uitvoermark tans 90% uitmaak, hoofsaaklik in Europa en ongeveer 10% in Suid-Afrika.