
Agri-uur: 16 Augustus, Nicol Jansen
Loading player...
Augustus-maand is die aanvang van die hoë risiko veldbrandseisoen met dag temperature wat begin styg, en die welbekende Augustus-winde wat normaalweg woed. Volgens die president van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen, is dit ‘n tydperk van paraatheid vir die landbousektor van sentraal Suid Afrika. Hy sê ‘n hoë vlak van gereedheid heers tans ten opsigte van potensiële veldbrande. Hier is OFM-nuus se Elsabé Richard-May met meer…