Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees

Loading player...
Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees, die bediening en haar getuienis van “goedheid en guns”. Jenna-Leigh is bekend as radio persoonlikheid, televisie-nuusleser en nuwe aanbieder van die Die Groot Ontbyt. Luister gerus hoe sy vertel van haar rol as pastoor, ma, aanbieder, skrywer en sanger. Die Here het haar ’n sterk vrou gemaak wat haar gawes ten volle vir Sy koninkryk uitleef. Hierdie onderhoud inspireer en getuig van hoe die Here iemand se lewe kan stuur deur Sy genade.
15 Aug 2022 1AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Zander van der Westhuizen gesels met Brent Dawes -1 Februarie

Zander van der Westhuizen het tydens die Gospel-program gesels met Brent Dawes - die mede-regisseur en skrywer van die nuwe animasie-film: David. Brent vertel tydens die onderhoud hoe die droom ontstaan het en ’n werklikheid geword het. Luister ook hoe die film deur honderde kunstenaars gebou is en hoe Phil…
1 Feb 2PM 15 min

Zander van der Westhuizen - 9 November

Op Sondagaand se Gospelprogram het Zander van der Westhuizen met Dr Marinda van Niekerk en Mientjie & Wouter Prozesky oor die stryd vir Baba-reddingsbokse gesels. Marinda is van PEN en Mientjie & Wouter van Rock of Hope. Hulle organisasies doen wonderlike werk in Pretoria. Roelene Botes het ook haar getuienis…
9 Nov 2025 2PM 32 min