
Pieter Moller berig oor die bek-en-klouseer probleem in SA
Loading player...
Die bek-en-klouseer probleem in Suid-Afrika duur steeds voort en die omstredenheid daaroor is nog lank nie oor nie. Die Wereld Organisasie vir Dieregesondheid (OIE) het Suid-Afrika se bek-en-klou vrye status herroep in 2019. Dit het ongelukkig groot verliese vir die veebedryf tot gevolg. Dit word voorpel dat dit tot twee jaar kan duur om dit behoorlik opgehef te kry, omdat duidelik gedefinieerde stappe eers geneem moet word om aan die OIE se vereistes te voldoen.