
PM gesels met die nuutverkose President van die Boran Beestelersgenootskap
Loading player...
Die Boran Beestelersgenootskap is ‘n betreklik jong organisasie, maar het die afgelope 20 jaar groot hoogtes bereik. Tydens die organisasie se se Algemene Jaarvergadering en Nasionale veiling die afgelope naweek, is Francois Smith, ‘n leierboer in die Koster-distrik, as die nuwe President aangewys. Smith vertel van sy boerdery, die organisasie, en wat hom laat besluit het om met die ras te boer. Smith deel sy passie vir die teel van Boranne en gesels ook oor die nasionale veiling.