
Agri-uur: 19 Julie, Dries van der Linde
Loading player...
Silo-ongelukke gebeur selde in Suid-Afrika, en indien dit plaasvind, is dit moontlik ‘n fratsongeluk. Dit is volgens Dries van der Linde, die Operasionele Bestuurder van Graan by OVK, in reaksie op die onlangse voorval waar ‘n vrou en kind in ‘n mielie-silo op ‘n plaas in Mpumalanga geval het. Hy deel verder dat dit belangrik is om veiligheidsmaatreëls in plek te hê om silo-veiligheid te verseker. OFM-nuus se Elsabé Richard-May het met hom gepraat.