
Dr Johnny van der Merwe, 'n bekende landbou-ekonoom
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week aansienlik verswak teenoor die Amerikaanse dollar met laer ekonomiese groei as gevolg van die probleme rondom Eskom en rentekoerse wat hoog is. Stoorlampryse het effens gestyg met pryse in die Vrystaat en Noorwes die hoogste. Hoenderpryse en varkpryse het effens gestyg. Bokpryse is ook steeds hoog.