
PM berig oor laatroes op aartappels
Loading player...
Laatroes op aartappels is een van die grootste bedreigings vir aartappelprodusente in Suid-Afrika. ‘n Voldoende swamdoderprogram is daarom uiters belangrik vir die beste behandeling en om oeste te kan red. Vog wat op die oppervlakte van die plant kan ontwikkel, veral in temperature tussen 15 en 24 grade Celsius, is onder andere ook toestande waarin laatroes kan gedy.