
Agri-uur: 5 Julie, Retha van der Westhuizen
Loading player...
Byna ‘n jaar nadat veldbrande op die aand van 5 Augustus 2021 verwoesting op Retha van der Westhuizen se huurplaas in Boshof gesaai het, is sy steeds besig om van dié gebeurtenis te herstel. “Ann the calf lady”, soos sy ook bekend staan, het sowat 40 koeie en al haar maand-oud kalwers weens die brande verloor. OFM-nuus se Elsabé Richard-May gesels vanoggend met haar om te hoor hoe sy op die herstelpad vorder…