Pumas en Griekwas pak mekaar in die Curriebeker-eindstryd

Loading player...
Die Pumas gaan Saterdag vir die eerste keer ooit in 'n Curriebeker-eindstryd in Kimberley speel. Hulle het Saterdagmiddag 'n opwindende halfeindstryd-oorwinning teen die Cheetahs in Bloemfontein behaal. Die span van Mpumalanga het met 38-35 gewen, danksy 'n drie op die nippertjie deur Ali Mgijima. Die Pumas kom teen die Griekwas te staan wat die verdedigende kampioene, die Bulle, Vrydag op Loftus met 30-19 geklop het. Dit is die Griekwas se eerste Curriebeker-eindstryd sedert 1970.
Die Pumas se Jimmy Stonehouse en Marius van Rensburg het met die Ontbyt-span gesels oor wat dit vir die span beteken.
20 Jun 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Comrades-wenner vertel van sege

George Kusche, wat oorspronklik van Malalane afkomstig is, het Sondag die Comrades marathon gewen, en boonop 'n nuwe rekord opgestel. Hy gesels met Coenie tydens die Middag Game Drive.
19 Jun 10 min

GRIP baat by SPAR Women's Challenge

Die SPAR Women’s Challenge Laeveld op 18 Julie is ten bate van GRIP en dit is uitverkoop! Tarryn Lokotsch vertel vir die Middag Game Drive hoekom hulle hierdie ondersteuning nodig het.
19 Jun 8 min

Sonkragstelsel? Beveilig hom so

Callum MacPherson van Securicon gesels met Laeveld Brunch oor die tendens van mense se beleggings in sonkrag-infrastruktuur wat gesteel word.
18 Jun 17 min