TCM beboet oor besoedeling

Loading player...
Thaba Chweu-munisipaliteit is gister effektief ‘n boete van R5 miljoen opgelê vir oortreding van die Wet op Omgewingsbestuur.
Stadsbestuurder Sphiwe Matsi, wat namens die munisipaliteit verskyn het, het skuldig gepleit op sewe van die elf klagte wat hoofsaaklik verband hou met waterbesoedeling.
Die Lydenburg-hof het gelas dat R4,8 miljoen van die boete teen 1 November op die munisipaliteit se riool- en waterinfrastruktuur spandeer moet word om waterkwaliteit te verbeter.
Die departemente van water en omgewingsake moet ook elk R100 000 betaal word vir hul regskoste.
DA-raadslid Marius Opperman het met Mireille daaroor gesels.
14 Jun 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Comrades-wenner vertel van sege

George Kusche, wat oorspronklik van Malalane afkomstig is, het Sondag die Comrades marathon gewen, en boonop 'n nuwe rekord opgestel. Hy gesels met Coenie tydens die Middag Game Drive.
19 Jun 10 min

GRIP baat by SPAR Women's Challenge

Die SPAR Women’s Challenge Laeveld op 18 Julie is ten bate van GRIP en dit is uitverkoop! Tarryn Lokotsch vertel vir die Middag Game Drive hoekom hulle hierdie ondersteuning nodig het.
19 Jun 8 min

Sonkragstelsel? Beveilig hom so

Callum MacPherson van Securicon gesels met Laeveld Brunch oor die tendens van mense se beleggings in sonkrag-infrastruktuur wat gesteel word.
18 Jun 17 min