
Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom by die Universiteit van die Vrystaat
Loading player...
Prof Frikkie Maré gesels oor die noue verbintenis van produsente en verbruikers en hoe hulle deesdae nader aan mekaar beweeg. Hy verduidelik ook die invloed wat dit het op die koop en verkoop van produkte. Verbruikerspersepsies kan ‘n groot rol speel en daar word onderskei tussen direkte en indirekte persepsies. Verbruikers se opinies word onder andere ook verkry uit sosiale media omskrywings en hierdie verbruikers moet dus positief beïnvloed word sodat die ware inligting van ‘n produk deurgegee word.